Local newsNews

Kruiners ondersteun Kansa

Laerskool Helderkruin hou Spuit-A-Thon ten bate van Kansa

Die leerders van Laerskool Helderkruin het onlangs die geleentheid gehad om kleurvolle hare te kry – alles vir ‘n goeie doel.

Adjunkhoof van Laerskool Helderkruin, Riaan van der Walt met die sonroom wat aan elke leerder oorhandig is.

Die skool het ‘n Spuit-a-thon op 1 Maart gereël ter ondersteuning van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) en die leerders het beslis hul deel bygedra.

Louise Barnard en Tarryn Booyens (Graad 4).

“Vir slegs R10 per leerder, het elke leerder ‘n bottel Nivea-sonroom ontvang en kon hulle hul hare laat spuit. Die skool het meer as R10 000 vir Kansa ingesamel,” het Hanli-Mari Oliver, die skool se skakelbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button