Editor's choiceLocal newsNews

Vroue-Landbou-unie se lede skitter

Roodepoort-lede se prestasies beloon

Die Vroue-Landbou-unie (VLU) se Roodepoort-tak het onlangs hul algemene jaarvergadering gehou. By dieselfde geleentheid is prestasietrofeë aan sommige van die lede toegeken.

Die afdelings waarin uitnemendheid erken is, is onder andere die ope afdeling, gebak, kunsvlyt en die meeste punte gedurende die jaar behaal.

Petra Moolman het die trofee gekry in die ope afdeling en Kitty Kotzé is vir haar heerlike gebak vereer. Amanda van Wyk se hande staan vir niks verkeerd nie, en sy het die trofee vir kunsvlyt verower.

Esta Veldsman was egter die groot wenner vir die dag en het drie trofeë ontvang, onder andere vir die meeste punte gedurende die jaar behaal.

Die VLU hou elke derde Donderdag vergadering by die Hervormde Kerk, Georginiastraat in Roodepoort. Die vergaderings begin om 2.30nm en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button