Die leerders by Laerskool Florida het die dag van liefde onlangs in ‘n see van rooi en wit gevier.

Die skool se leerders – en onderwysers – was baie opgewonde om aan die dag se aktiwiteite deel te neem. Dit was gevul met pret, liefde, sjokolade en sommer net lawwighede wat oud en jonk geniet het.

Elkeen by die skool het boonop die geleentheid gekry om aan die pret fotodag deel te neem, en sodoende geld vir die o.13-netbalspanne in te samel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!




One Comment