NewsSchools

Roodekrans groet onderwyser na 34 jaar

Ria Viljoen het na 34 jaar diens afgetree

Die personeel en leerders van Laerskool Roodekrans het onlangs met ‘n traan in die oog een van hul onderwysers gegroet.

Ria Viljoen het na 34 jaar diens by die skool besluit om die tuig neer te lê en haar lewe as afgetredene te begin.

Ria was betrokke by verskeie aspekte van die skool. Sy het klasgegee, mediapligte nagekom en het ook ure langs die krieketveld – waar sy gereeld tellinghouer was – spandeer. Sy het baie hard gewerk om die kunswedstryddeelnemers gereed te kry vir optredes en was ook baie betrokke by Remediërende Onderrig (RO).

Volgens Theolene Pienaar, skakelbeampte by die skool, het hulle nie Ria se harde werk altyd genoeg waardeer nie, maar hulle is baie dankbaar vir alles wat sy gedoen het. “Daar is so baie groot en klein dinge wat u vir hierdie skool gedoen het. Dit is te veel om op te noem, maar weet dat ons dit tog raakgesien en opreg waardeer het,” het sy gesê.

Theolene het ook gesê dat hulle Ria net die beste toewens. “Ons hoop dat die saligheid van rus, vrede, gesondheid en geluk jou elke dag sal toevou in ‘n sagte kombers. Geniet elke oomblik saam met jou gesin,” het sy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button