NewsSchools

Dylan is ‘n hengelaar van formaat

Bastion-leerder in Suid-Afrikaanse hengelspan opgeneem

Met sy visstok oor sy skouer en viskas in sy hand is Dylan Jacobs op sy gelukkigste.

Dié Graad 10-leerder van Hoërskool Bastion was deel van die 0.19 junior hengelspan wat onlangs aan die kampioenskappe van die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie (SAVOF) deelgeneem het.

Die span het daar ‘n tweede plek behaal en Dylan is ook na die proewe vir insluiting in die nasionale span genooi.

Die proewe het oor twee dae plaasgevind, en hy is tot die 0.19 SAVOF junior span verkies.

“Dit is voorwaar ‘n uitstekende prestasie en die skool is baie trots op Dylan,” het Monique Naudé, die skool se woordvoerder gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button