Laerskool Dr Havinga het onlangs hul nuwe leiers en hoofleiers tydens ‘n spoggeleentheid ingehuldig.
Die leierinhuldigingsfunksie is deur trotse ouers en blinkoog leerders bygewoon. Die opgewondenheid was groot en elke nuwe leier het hul leierbelofte met ‘n groot glimlag onderteken.
Dit was ook die geleentheid waartydens die huidige hoofleierraad die skild aan die nuwe hoofleiers oorhandig het. Carmen Nel (hoofdogter) en Corné Muller (hoofseun) het die skild ontvang en daarmee saam die verantwoordelikheid aanvaar.
Die onderhoofleiers wat die hoofleiers sal bystaan om ‘n voorbeeld vir die leiers en leerders te wees, is Géan Diesel, Ashley Denner, Heinrich Jacobs, Charmoné Rossouw, Deidré van der Merwe en Kara Botha.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



