Oppieplanke bied aan: Die Butler
Kom geniet die aand by Roodepoort Teater
Bring jou vriende en familie en kom geniet die aand in die geselskap van Die Butler.
Dit is ‘n Afrikaanse produksie deur Oppie Planke-produksiehuis, wat op 28 Oktober by die Roodepoort Teater se Basement Teater aangebied word. Die vertoning begin om 7.30nm.
Dit is ‘n humoristiese verhaal met ‘n baie ernstige ondertoon wat die butler se ervarings in verskillende huishoudings uitbeeld. Corné Stemmet, wat self ‘n opgeleide butler is, is perfek vir die rol, maar hy speel ook die rolle van sy werkgewers, wat as gewone mense met gewone swakhede soos luiheid, gierigheid, trots, wellus, vraatsug en afguns uitgebeeld word.
Die produksie is vermaaklik, maar bied ook terselfdertyd pitkos vir die siel deur die rits wenke wat vir die gehoor gegee word. Dié wenke is prakties en elke huishouding sal daarby baatvind. Die gehoor sal definitief met elke karakter op die een of ander vlak kan identifiseer. Dit is ‘n leefstylpraatjie wat as ‘n toneelstuk vermom is en beloof om ‘n treffer te wees.
Vir meer inligting oor die vertoning, kontak gerus vir Corné by 083 241 7211 of stuur ‘n epos na oppiplanke@gmail.com.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein Herald, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



