
Ons het wonderlike inwoners hier in Roodekrans, mense wat veral diereliefhebbers is.
Hulle versorg hul honde mooi. Word gebad en gevoed en geborsel, en mooi na gekyk. Hulle neem ook hul troeteldiere vir ‘n bietjie stapoefening met sononder – wonderlik vir mens en dier.
Wil net vra dat die mense tog asseblief nie die Checkers-sakkie by die huis vergeet nie – die landmyne op die sypaadjies is werklik ‘n seer oog, veral as ons outjies wil gaan stap.



