Editor's choiceSchool sportSport

Trompoppie Chanté mik vir die sterre

Sedert sy vier jaar oud is draai sy almal met haar trompoppievaardighede om haar pinkie.

Chanté Fourie is onlangs as die beste leier by die SA Majorette and Cheerleading President League-kompetisie gekies. Daar het 13 trompoppiespanne aan die kompetisie deelgeneem.

Die 13-jarige Graad 8-leerling van Hoërskool Noordheuwel is daarna vir die Junior Proteaspan gekies wat Suid-Afrika in September by ‘n internasionale kompetisie in Porec, Kroasië, verteenwoordig het.

Die span het 20 medaljes, waarvan 10 goud, vyf silwer en vyf brons, huis toe gebring.

By die kompetisie het Chanté self drie medaljes verwerf – een gouemedalje elk vir vlag en vir stok, en een bronsmedalje vir gemengde formasie.

Nou is dit harde oefening vir Chanté om deur te dring na die senior Gauteng- en senior Proteaspan, maar haar familie is seker dat sy maklik vir die spanne gekies sal word aangesien sy al van vierjarige ouderdom ‘n trompoppie is.

Baie geluk met jou pragtige prestasies, Chanté!

Gaan kyk gerus op die News se webtuiste www.krugersdorpnews.co.za na die video van Chanté se trompoppievaardighede.

Related Articles

Back to top button