Editor's choiceLocal newsNews

Die gezoem van die bye

Mense weet dikwels nie dat hulle allergies is vir bysteke nie.

Die begin van die warm somermaande bring die belofte van luilekker dae langs die swembad, yskoue koeldrank en natuurlik bye!

‘n Bysteek kan baie onaangenaam wees en as jy allergies vir die gif in die angel is, kan dit lewensgevaarlik wees. Mense weet dikwels nie dat hulle allergies is vir bysteke nie en besef dit eers wanneer hulle ‘n bysteek opdoen. Daarom is dit uiters belangrik om jouself teen ‘n bysteek te beskerm.

Jy kan die volgende doen om die risiko van ‘n angel in jou arm, been, nek of dalk op die oor te voorkom:

? Wees baie versigtig wanneer jy buite naby helderkleurige blomme is. Bye is ook mal oor blomme met ‘n soet geur.
? Perdebye en bye word deur soet kos en koeldranke gelok. Wees versigtig wanneer jy buite eet en drink.
? ‘n Oop koeldrankblikkie is vir bye onweerstaanbaar! Wees versigtig wanneer jy ‘n slukkie van jou koeldrank neem en bedek eerder die blikke met iets, of nog beter, skink die koeldrank eerder in ‘n glas. So kan jy sien of daar iets in die koeldrank is, want ‘n bysteek in die keel is baie gevaarlik.
? Hou altyd jou vullisblik toe en spoel jou koeldrankblikkie uit voordat jy dit weggooi.
? Moet nooit na ‘n by klap wat om jou vlieg nie, jy verhoog net jou kanse op ‘n bysteek.

Gelukkig word min probleme deur ‘n bysteek veroorsaak. Daar is wel gevalle waar mense lewensgevaarlike simptome kan ontwikkel en as hulle nie die regte behandeling ontvang nie, kan die bysteek dodelik wees.

Wanneer jy deur ‘n by gesteek word:

–  Verwyder die angel so gou as moontlik. Moet dit nie met jou vingers uittrek nie, want dit spuit die res van die gif in jou liggaam in. Gebruik ‘n skerp mes of bankkaart om dit af te skraap.
–  Moniteer jouself vir allergiesimptome soos erge swelling, jeuk, asemnood of om moeilik te sluk.
–  Gaan dadelik hospitaal toe as jy enige van hierdie simptome ervaar.
– As daar voorheen vir jou epinefrien (EpiPen® ) of antihistamien voorgeskryf is, kan jy dit gebruik.

Indien jy geen allergie simptome toon nie, was die steekplek goed met seep en water. Daarna kan jy vir so 20 minute lank ys daarop sit. Ibuprofen of parasetamol kan geneem word om die pyn te verlig en kortisoonsalf of kalamynmelk kan aan die aangetaste deel gesmeer word.

Die goue reël is eenvoudig: as jy nie die by pla nie, sal sy jou nie pla nie. So kan ons almal, mens en by, die heerlike somerseisoen in harmonie geniet.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button