LettersOpinion

Meer spoedhobbels is nodig

Debbie Swanepoel van Witpoortjie skryf:

Ek kan net dankie sê vir die spoedhobbels wat by die skool in McGrathlaan opgerig is.

Net jammer dis nie die enigste plek waar dit opgerig kan word nie. Ek woon in McGrathlaan naby dr Slabbert se spreekkamers en ek wens so dat hulle naby sy spreekkamers óf ‘n stopteken óf nog spoedhobbels sal aanbring.

Die mense jaag nie net af na Nassaustraat toe nie, hulle jaag ook op na die winkelkompleks toe. In ‘n kwessie van ses maande kan ek vyf ongelukke van die laerskool tot by die winkelsentrum opnoem.

My opinie en motivering vir die versoek vir nog spoedhobbels by dr Slabbert-hulle is omrede hulle ‘n mediese sentrum is en daar soms noodgevalle is. Die mense jaag verskriklik daar verby.

Ek hoop hierdie epos bereik die regte mense.

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button