School sportSport

Bastion se Suid-Gauteng-sterre presteer by hokkiefees

Hokkiespelers wen brons en goud by fees

Hoërskool Bastion se Suid-Gauteng-hokkiespelers het die afgelope skoolvakansie ‘n goue- en ‘n bronsmedalje saam met hul onderskeie spanne verwerf.

Hulle het aan ‘n 0.16-hokkiefees in Potchefstroom deelgeneem. Die fees was deel van die Suid-Gauteng-kompetisie.

Raquelle Pretorius en Zoë van der Plank was deel van die Suid-Gautengse C-span wat ‘n bronsmedalje verower het. Die Suid-Gautengse D-span, waarvan Monique du Toit ‘n lid was, het ‘n gouemedalje verower.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button