Editor's choiceLocal newsNews

‘n Vet liefde vir vetplante

Wilma Venter spandeer ure op 'n keer in haar vetplant-tuin.

Daar is vier dinge wat plaaslike vetplant-liefhebber Wilma Venter, 57, aan die gang hou: Haar kinders, haar kêrel, haar katte en haar geliefkoosde vetplant-tuin wat oor meer as 300 spesies beskik.

Hierdie tuin het sy skaars ‘n jaar gelede begin ontwikkel, vertel sy terwyl die Record haar kothuis besoek. Sy is geïnspireer om meer vetplante aan te hou toe sy verlede jaar ‘n vetplant- en aalwynuitstalling en demonstrasie by Emmarentia Dam bygewoon het. Wilma het, nadat sy matriek in die Wes-Kaap waar sy grootgeword het, voltooi het, voltyds botanie gaan studeer. Dit was ‘n vier-jaar kursus en sy het dié rigting gekies oordat die natuur haar nog altyd aangetrek het. Sy is lief vir tuinmaak en blomme rangskik en hierdie voorliefde het automaties in haar loopbaan omskep, het sy gesê. Sy was bloemiste vir 29 jaar lank in Tableview, Welgemoed en Bloubergstrand, waar sy onder andere gewoon het. Vyf jaar gelede het Wilma Johannesburg toe verhuis agter haar groot liefde aan. Hoewel sy nie veel wil uitbrei nie, meen sy hulle vul mekaar mooi aan en sy is dolgelukkig. Sy het eers in Roodepoort se SSG gewoon, maar dit het haar begin pla dat dwelms sommerso openlik buite haar woning gesmokkel word.

“Ek het toe aan die Here gebid en gevra om vir my ‘n ander blyplek moontlik te maak, ‘n plek waar ek kan tuinmaak en skeppend verkeer,” het Wilma vertel.

‘n Advertensie in ‘n koerant vir ‘n kothuis in Florida het haar aandag getrek en sy bel toe vir Annamarie Heuser, wie die advertensie geplaas het. Heuser is, per toeval, ‘n kunstenaar in eie reg en die organiseerder en gasvrou van Kuns In Die Tuin, ‘n uitstalling wat in haar tuin ‘n paar maal ‘n jaar gehou word. Sy is toevallig ook lief vir tuinmaak, en dié twee het onmiddelik gekliek. Hoewel iemand anders reeds afgespreek het om die kothuis te betrek, is dit vinnig besef dat Wilma ‘n beter keuse sou wees. Hul maak gereeld saam tuin en help mekaar sommer met ander dinge, vertel sy.

“Ek het uiteindelik ‘n spasie gehad waar ek weer my voorliefde kon uitoefen, en ek het begin met ‘n paar basiese vetplante en my versameling uitgebrei,” vertel sy.

Die tuin het vinnig gegroei en sy kan op dié stadium nie neerpen hoeveel plante daar presies is nie, want daar is nuwe uitloopsels. Sy hou haar stokperdjie aan die gang deur aan verskeie vetplant-gesentreerde facebook-groepe te behoort, waar die tuinliefhebbers ook ooreenkom om hul plante uit te ruil. Sy wag tans vir ‘n bestelling van so vêr as Duitsland af, en vir nog een uit Hartswater. Sy het ook al plante uit Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap en Kuruman en Kakamas in die Noord-Kaap ontvang. Haar gunstelling vetplant is die dioscorea elephantipes, of ‘Olifantsvoet’ soos hy bekend staan.

Ander plant- en tuinliefhebbers kan haar kontak per e-pos by wilmajventer@gmail.com

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button