WEN KAARTJIES: Vier top produksies binnekort in Roodepoort
'n Fees van Afrikaanse produksies oppad na die Roodepoort Teater toe.
Vier top Afrikaanse produksies open binnekort by die Roodepoortteater.
Danksy Lefra Produksies kan inwoners vanaf 12 April tot 7 Mei hulself in verskeie produksies plaaslik verlustig.
Skaterlag vir die skreeusnaakse klug, Daa’ Gaat die Bruid!, vanaf 12 tot 15 April. Dit was die topverkoper by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn vanjaar en is van Ray Cooney en John Chapman se oorspronklike Westend-klug, There Goes The Bride, vertaal en verwerk. Top akteurs en aktrises soos Cobus Venter, Ana van Achterbergh, Debré Rossouw, Edrien Erasmus, Gert van Tonder, Lieb Bester, Marga van Rooy en Phillru van Achterbergh is te sien in dié stuk.
As jy die Groet die Grotman-reeks van produksies geniet het, moenie Groet die Grotheld op 26 en 28 April misloop nie. Naas die Bybel, is rugby dié grotman, Gert Struwig, se grootste aanwyser. Dit word beskryf as ‘n interessante, lekker-lag vertolking van ‘n eg, tipiese Suid-Afrikaanse man.
Mis jy vir ou Bertie van Egoli? Hy (Hennie Smit) en Arina de Witt vermaak graag die gehoor in ‘n splinternuwe produksie, As Drome Vlerke Kry, op 29 en 30 April. Hierin is dit konserttyd by ‘n aftree oord, Huis Silwerjare, en almal is in rep en roer om dinge in orde te kry.
Uiteindelik wil Bybel- en seksualiteitskenner, Timothy Kieswetter wegdoen met seksuele taboes in sy produksie, Die Stripshow, vanaf 4 tot 7 Mei. Die stuk word beskryf as ‘n “one-man-show met ‘n twist”. Daar word met woorde, en nie klere nie, gestrip en dien as ‘n ontbloting van die volstruismentaliteit van die hedendaagse gemeenskap, volgens Kieswetter.
Die produksies word aangebied met die trotse ondersteuning van Christo Strydom Nutrition, Stuttaford van Lines, RSG, Sounds Good en McCarthy Volkswagen Arcadia.
Besprekings kan deer Computicket gemaak word by 0861 915 8000 of aanlyn by www.computicket.com. Vir meer inligting oor die produksies, besoek www.lefra.com.
Hoe jy dubbelkaartjies na dié produksies kan wen:
Drie lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie na een van dié vier optredes wen—
• Daa’ Gaat die Bruid! op Dinsdag 12 April om 8nm
• Groet die Grotheld op Dinsdag 26 April om 8nm
• As Drome Vlerke Kry op Vrydag 29 April om 8nm
• Die Stripshow op Woensdag 4 Mei om 8nm
Om deel te neem aan die Record en Lefra Produksies se kompetisie, kan jy die volgende details na 33000 SMS: Lefra Roodepoort Record, dan die naam van die produksie, dan jou naam en van en jou stad of dorp. Dieselfde inligting kan ook per e-pos na wen@lefra.com gestuur word (met ‘Lefra en Roodepoort Record Kompetisie’ as onderwerp). Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal. SMSe kos R1.50 elk.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!




