Regpraatjies, wegpraatjies en ompraatjies sit nie in elke jong skoolkind se broek nie, maar is beslis teenwoordig by die redenaars van die seniorfase van Laerskool Roodekrans.
Die Graad 4s, 5s, 6’e en 7s het ongelooflike talent in dié afdeling, meen skoolwoordvoerder Theolene Pienaar. ‘n Volle 28 leerlinge het aan ‘n interne seniorfase redenaarskompetisie onlangs deelgeneem. Die kompetisie was taai, het Theolene gesê.
“Ongelooflike toesprake is aangehoor en elke Roodie het die beoordelaars getrakteer met allerhande wyshede, ideome, woordspeling en interessante neologismes (nuutskeppings),” het sy in ‘n skrywe verduidelik.
“Die beoordelaars was in vervoering oor die hoë standaard van die redenaars wat deelgeneem het.”
Die leerlinge wat in dié kompetisie ‘n eerste, tweede, derde en in een geval, selfs vierde plek verower het, in elke graadgroep, het ook daarmee deurgedring na die ATKV Redenaarskompetisie wat in die tweede kwartaal gehou sal word.
“Kom ons hou aan om die Afrikaanse taalbedding met oorgawe te bewerk,” het Theolene die redenaars namens die skool aangemoedig.
Die wenners is:
• Graad 4: Lechanté Coetzee (1), Jessy Bekker (2) en Tenieke Moolman (3).
• Graad 5: Lehan Kruger (1), Gerhard Jooste (2) en Karl Black (3).
• Graad 6: Mizanne Fourie (1), Amy Pretorius (2), Marko Cronjé (3) en Marianka van den Berg (4).
• Graad 7: Ruben Tolmay (1) en Ruan Allen (2).
• Afdelingswenner: Lehan Kruger, Graad 5.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!




