Editor's choiceLocal newsNews

In liefdevolle herinnering

Familie en vriende vier 40ste verjaardag.

Spitsverkeer op Doreenweg het byna tot ‘n stilstand gekom gisteraand met motoriste wat gewonder het waaroor die vreemde viering langs die pad gaan.

By ‘n spieëlkruis het 20-stuks vriende en familie bymekaar gekom om die 40ste verjaarsdag van hulle geliefde Hanna van Heerden te vier. Hanna het verlede jaar op 19 September in ‘n motorongeluk omgekom op die presiese plek waar hulle vergader het. Liewer as om die hartseer te onthou het hulle teer hulde gebring aan Hanna se lewenslus en al die mooi herinneringe wat hulle van haar het.

Volgens haar verloofde, Johan Weideman sou hulle op 25 September 2015 in die huwelik tree maar die noodlot het anders besluit.

Met glimlagte en trane het hulle na ‘n kort gebed balonne vrygelaat en ‘n glasie vonkelwyn op Hanna geklink.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button