Editor's choiceNewsSchools

Sonstraaltjies skyn ‘n lig op waternood

Kleintjies leer 'n belangrike les oor water, en samel in vir dié in nood.

Die Sonstraaltjie Opvoedkundige Sentrum se kleuters en peuters het vandeesweek ‘n les geleer oor die waternood in die land deur hul eie waterinsameling te hou.

Op Vrydag, 12 Februarie het die oggendskooltjie van sowat 114 klein leerlinge almal vir die Record opgewonde vertel, “Ek het ook water gebring.”

Met die hulp van hul ouers, die selgroep van die AGS Gemeente Noordheuwel en Spar op Ouklipweg het hulle sowat 2 500l water in bottels van elke skakering en grootte versamel.

“Een dogtertjie het vroeër in die week na my toe gekom met haar eie drinkbotteltjie vol water, so graag wou sy bydra. Dit was te kostelik,” het Benita Bothma, skoolhoof gesê.

Die skool het Meneer Suid-Afrika, Armand du Plessis, ingespan om hulle te help die water versprei. Hy het gereël dat ‘n span die water Maandagoggend 15 Februarie van die skool af optel en vervoer na ‘n versamelpunt in Johannesburg. Daarvandaan sal die organisasie, Operation Hydrate dit na diegene in nood vervoer. Die waternood veral in die Vrystaat en Noord-Kaap word sodoende aangespreek, het hy gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button