Gedurende die onlangse skoolvakansie was daar geen keer aan Laerskool Helderkruin se kinderkoor nie.
Hulle is bederf met ‘n kamp naweek by Ramoswe Kamp, ‘n wildsreservaat in Bela Bela, het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.
Saam met drie personeellede het die kinders die Vrydagmiddag per bus vertrek na die luukse kampterrein met sy gemeubeleerde tentwonings.
“‘n Span kokke het elke ete vir die kinders voorberei, en hulle is selfs Saterdagmiddag met kospakkies by die swembad bederf,” het Isobel gesê.
“Dit was voorwaar ‘n bederfnaweek.”
Die singery het meestal om die bosveldhout kampvuur elke aand plaasgevind. Verder het hulle hul flou gespeel in die swembaddens en hul swemklere deurgegly op die verskeidenheid waterglybane. Hulle het selfs ‘n wildrit saam met die hoofveldwagter geniet, en het blouwildebeeste, sebras, kameelperde, rooibokke en waterbokke besigtig.
“Dankie aan elke lid van die kinderkoor vir julle harde werk deur die jaar,” het Isobel namens die skool gesê.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!




