Editor's choiceLocal newsNews

Moet iemand eers sterf voor DBV ingryp?

Op Vrydagoggend 18 September het drie pit bulls los in die straat rondgehardloop glo 'n bejaarde man aangeval.

‘n Vrou kla ‘n buurman se hond is gereeld buite die erf en terroriseer die buurt se inwoners en troeteldiere, maar die Roodepoort Dierebeskermingsvereniging (DBV) weier glo om in te gryp.

Sy het die Record vertel van ‘n geval in Mei vanjaar toe haar hond ook uit die erf geglip het en slagoffer geword het van ‘n aggressiewe pit bull terrier.

“Ongelukkig was die pit bull in die straat en ‘n geveg het ontstaan,” het sy gesê.

“Die geveg het nie voor ons huis gebly nie en die honde is al bakleiende straat af.

“Die inwoners van die huis die hulle verder baklei het, was glad nie bereid om te probeer help nie en het doodeenvoudig in hul erf gestaan en dinge dophou,” het sy gesê.

Op die ou end het haar seun en sy vriende ingegryp en die geveg beëindig. Wat haar die meeste ontstel is dat die eienaars van die pit bull toe eers tussenbeide getree en hul hond terug erf toe gevat. Haar hond was na die geveg vir meer as ‘n week in die hospitaal.
Sy het vertel sy het met ander inwoners oor die voorval gesels en verstaan die hond het die afgelope twee jaar al menige ander honde aangeval.

“Nie een van ons durf ons hekke oopmaak en uitry sonder om seker te maak die hond is nie in die straat nie.”
Haar interaksie met die Roodepoort DBV oor die voorval was nie bevredigend nie.

“Ek het gevra hulle moet die eienaar waarsku of iets aan die saak doen, maar is gesê hulle kan niks doen nie tensy ‘n mens aangeval word.
“Dit pla my, want daar is ou mense en kinders wat in die straat woon.”

Volgend Mandy Cattanach, Roodepoort DBV-bestuurder kan die organisasie nie munisipale ordonnansies afdwing nie.

“Die DBV het ‘n mandaat om die Dierebeskermingswet 71 van 1962 af te dwing wat diere teen mishandeling behoort te beskerm.

“Die munisipale ordonnansies in terme van diere is veronderstel om deur die Departement van Gesondheid afgedwing te word.

“Die DBV kan ongelukkig nie namens die departement optree nie.”

Wat die spesifieke voorval betref het Cattanach gesê albei partye is skuldig aangesien albei se honde in die straat was. Sy verwys die klaer na artikel 6 (2) van die Munisipale ordonnansies wat lees, “Geen persoon mag enige hond toelaat om ‘n publieke spasie te betree tensy die hond ‘n halsband dra en deur ‘n mens beheer word nie.”

Cattanach raai inwoners aan om die Departement van Gesondheid by 011 761 0250 te skakel om sulke gevalle te rapporteer.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button