Local sportSchool sportSport

Plaaslike Judokas oppad na kampioenskappe

Die kampioenskappe wat eers in Burundie gehou sou word maar weens burgerlike onrus na Egipte verskyf is, sal van 22 tot 27 Julie gehou word.

Drie Judokas van die KJK Danie Judoklub in Roodekrans is gekies om aan die Afrika Judokampioenskappe deel te neem.

Die drie, Clarissa Prinsloo, Jaco Erasmus en Dawid van Heerden het onderskeidelik ‘n volle swart gordel, ‘n junior swart gordel en ‘n volle swartgordel. Jaco hoop om die einde van die jaar na ‘n volle swart gordel op te gradeer.

“Judo is nie net goed vir selfverdediging nie want voor ek my kon kry het dit meer as ‘n sport vir my geword,” het Jaco aan die Record gesê. Sy gunsteling gooi is die moroto-seio-nage.

Clarissa, ‘n Hoërskool Monument leerling verkies nou weer die Sode-tsurikomi-goshi gooi en Dawid van Hoërskool Florida die Hane-makikomi.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button