
Onlangs is ‘n eenwordingsooreenkoms tussen NG Veranderde Lewens en NG Ontdekkerskruin gemeentes bereik.
Hierdie gesamentlike gemeente sal vanaf 1 September as NG Veranderde Lewens bekend staan.
Die huidige Veranderde Lewens wat tans in Albertina Sisulu Straat 61A geleë is, het hulle kerkkompleks aan ‘n ander Christelike instansie verkoop en sal vanaf Sondag 18 Oktober eredienste vanuit die nuwe kerkkompleks te 17 Philipslaan, met hulle huidige leraars hervat. Hulle bediening te Hamberg sal egter nog onverpoos voortgaan tot in Oktober wanneer die verbeterings aan die nuwe kerk voltooi is.
Hierdie gemeentes verbind hulle tot ’n gesamentlike doel, naamlik ‘n groeiende bediening met beide ‘n vernuwende en ’n behoudende styl. Voortans sal die eredienstyd van 8vm Sondagoggende vir ’n vernuwende styl erediens gebruik word en die 10vm gleuf vir ’n behoudende styl erediens. Daar sal ook saans ‘n multikulturele diens gehou word.
Die leraars van hierdie nuwe bediening is Ds. Pieter Nel Klopper, wat bygestaan sal word deur Dr. Berrie de Vos, ’n pastorale leraar en berader, asook Ds. Hennie Lombard wat hoofsaaklik die behoudende styl sal behartig.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



