Goedkoop wegneemetes ondersteun Ons Huis
Help 'n tehuis om hul inwoners te help deur eenvoudig 'n lekker warm wegneemete te koop.

Die eenvoudige kopie van ‘n goedkoop wegneemete sal bydrae lewer tot Ons Huis Tehuis vir Bejaardes se fondse om na hul inwoners se basiese behoeftes om te sien.
Volgens bestuurder Marita van den Berg het die tehuis op Vrydag 22 Mei alreeds begin met hul eie deurry kitskos diens ten doel fondsinsameling.
Geldelike bydraes en donasies van bestanddele kan hul help om ‘n sukses van die aande te maak, het Van den Berg in ‘n skrywe gesê. Vir verdere inligting kontak Ons Huis by 011 672 5018 of per e-pos by onshuisflorida@absamail.co.za .
Die datums en spyskaart is as volg:
• Vrydag 29 Mei: Hamburgers teen R20 per hamburger
• Vrydag 6 Junie: Kerrie en rys teen R30 per bakkie
• Vrydag 12 Junie: Pannekoeke teen R5 per pannekoek
• Vrydag 19 Junie: Worsbroodjies teen R20 per rolletjie
• Vrydag 26 Junie: ‘n Lekker bord boerekos teen R40 per bord
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



