Local newsNewsUpdate

Sogenaamde padvark stel sy saak

Die sogenaamde padvark erken hy het op die vrou geskreeu, maar het haar nie allerhande name genoem nie.

Die sogenaamde padvark wat ‘n vrou in spitsverkeer so beledig en verbaal aangeval het, kom na vore om sy kant van die saak te verduidelik.

Die aanvanklike artikel het op 15 Mei op die News se webtuiste verskyn. Lees hier.

Elsabe Steyn het verduidelik hoe sy in spitsverkeer deur Andre van Wyngaard verbaal aangeval was. Die man het na bewering op haar in spitsverkeer afgestorm. Steyn voel dat Van Wyngaard haar nie net alleenlik geintimideer het nie maar ook in haar karakter geklim en haar laat vrees vir haar lewe.

Nadat die artikel op verskeie Facebook-blaaie verskyn het, het Van Wyngaard se prokereur die News gekontak.

Van Wyngaard het in ‘n brief, wat deur sy prokereur aangestuur is, vertel uit sy oogpunt dat Steyn heeltyd op haar selfoon besig was daardie middag.

“Ek het my vrou by haar werk opgelaai. Ons was ‘n kar-lengte agter Steyn se kar gewees. Sy was die heeltyd op haar selfoon besig, mens kon dit duidelik sien,” beweer Van Wyngaard.

Hy meen dat die motoris wat tussen hom en Steyn was, ook vir Steyn se optrede ongeduldig geraak het en rondom haar beweeg, toe sy vrou hom aanraai om dieselfde te doen.

“My vrou het vir my gesê om dieselfde te doen aangesien daar ongeveer drie kar-lengtes voor haar oop was. Sy was nie eers bewus van die gaping tussen haar en die kar voor haar nie omdat sy so besig op haar selfoon was. Toe ons by die verkeerslig stop, het ek wel vir haar geskreeu om van haar selfoon af te klim omdat dit spitsverkeer is. Die lig was rooi en sy het natuurlik voor ons gestop. Sy spring toe uit haar kar, begin op ons gil en toe ek ook uitklim, spring sy terug in haar kar en bel iemand,” vertel Van Wyngaard in sy brief.

Verder beweer Van Wyngaard dat Steyn hom begin agtervolg het op Ontdekkersweg om foto’s van hom te neem.

“Op Ontdekkers het sy so ver gegaan as om die heeltyd wat ons lane verwissel, ook te verwissel sodat sy voor ons kon bly. By die verkeerslig by Westgate waar Burger King is was sy agter ons en het voor ons ingejaag en rem getrap. Dit het nie daar gestop nie. Sy het nog drie keer daarna dieselfde met ons gedoen.”

In die brief herken hy dat hy ook so wou ry, maar sy vrou hom afgeraai daarvan.

“Dit is nie die moeite werd om mense se lewens op die spel te plaas vir een vrou wat nie weet om nie haar selfoon te gebruik terwyl sy bestuur nie. Ek het haar nooit enige name genoem nie.”

In die brief ontken Van Wyngaard dat hy seksistiese name vir haar geskreeu het en dat hy haar ook nie ‘n rassitiese woord genoem het nie.

“Ek het wel gesê sy kom uit ‘n ‘k’ land omdat haar kar ‘n buitelandse registrasie nommer het maar het haar definitief nie ‘n ‘k genoem of haar gevloek soos sy beweer ‘het nie.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button