NewsSchools

Witpoortjie minigholfbaan heropen

Vir die wat mor dat daar niks is om in Witpoortjie te doen nie, is daar goeie nuus.

Laerskool Dr Havinga het met die Tennisklub in Generaal Pienaarlaan kragte saam gespan om die minigholfbaan te heropen. In ruil vir die gebruik van die baan het die skool voorgeneem om die baan en geriewe op te knap en in stand te hou.

Aanvanklik, sê die hoof Leon Visser, sou dit net vir die skool se leerlinge gewees het maar nou het hulle besluit om dit ook vir die breër gemeenskap beskibaar te stel .

Teen slegs R20 vir ‘n rondte van 18 putjie kan die publiek hulle self gaan geniet. Vir twee rondtes kos dit R30.

Visser sê dieselfde reëls wat by die skool geld, geld by die baan – geen alkohol, vuurwapens, honde en skaatsplanke nie. Die toilette is opgeknap en daar is ‘n snoepie vir verversings.

Tans sal die baan net Vrydaemiddae van 12nm to 4nm oop wees en Saterdae die heel dag, maar groepe, soos kerke en skole, kan wel besprekings maak vir ander dae van die week.

Vir besprekings kan Mientjie Oosthuizen geskakel word by die skool by 011 769 1670.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button