LettersOpinion

50 skakerings van grys

Ek wil nou nie soos ‘n klakous klink nie maar wanneer gaan ons “goed-vir-niks’ munisipaliteit iets doen aan die 50-skakerings van grys las-lappie pad doen in Witpoortjie by die Pick n Pay. Ek bedoel my lieweland, het hulle gedink hulle is oulik of selfs kreatief om al die verskillende skakerings van grys te gebruik want …

Ek wil nou nie soos ‘n klakous klink nie maar wanneer gaan ons “goed-vir-niks’ munisipaliteit iets doen aan die 50-skakerings van grys las-lappie pad doen in Witpoortjie by die Pick n Pay.

Ek bedoel my lieweland, het hulle gedink hulle is oulik of selfs kreatief om al die verskillende skakerings van grys te gebruik want as jy my vra is die pad so effens ongelyk.

Wanneer ek daar verby ry dan ruk die hele motor asof ek in ‘n maankar sit en besig is om op te styg. En op daardie onderwerp, miskien moet die munisipali-mors-van-teit, daaraan dink om die beurt te naam van Witpoortjie na Gryspoortjie te vernoem siende dat die pad so aaklig is en dan hou hulle mos ook die hele reënboog nasie gelukkig.

Vergeet nou bietjie van al die spookigerig stories en vra ‘n joernalis om hierdie onderwerp onder ‘n ver-grys-glas te sit sodat ons ook pragtige paaie kan geniet. Ons betaal mos belasting of hoe?

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button