LettersOpinion

Wat doen die polisie?

Ek wil graag kommentaar lewer op die artikel van die Audi-gang wat op video vasgelê is. Ek het al die waarskuwings wat op die Roodepoort Record se webblad geplaas word dopgehou. Ek toe wonder ek, waar is die polisie en wat doen hulle om die mans gevang te kry? Sover lyk dit of dit net …

Ek wil graag kommentaar lewer op die artikel van die Audi-gang wat op video vasgelê is.

Ek het al die waarskuwings wat op die Roodepoort Record se webblad geplaas word dopgehou.

Ek toe wonder ek, waar is die polisie en wat doen hulle om die mans gevang te kry? Sover lyk dit of dit net die gemeenskap is wat saam span om die mans gevang te kry.

Die record se webblad is deesdae oortrek van misdaad maar ek lees nie iewers dat die polisie van die oortreders vang nie. Wat nog te sê van tronk toe stuur. Dis baie erg, al die misdaad laat mens elke dag in vrees lewe. As dit so aangaan, waar gaan dit eindig?

Die jongmense moet nog ‘n toekoms in Suid-Afrika kan bou. As ek nog jong genoeg was het ek ook geimmigreer soos talle ander mense. Ons het ‘n pragtige land maar dit word verwoes deur al die onwettige optredes, swak diens en geen optrede teenoor kriminele nie.

Is die Audi-gang mense al gevang? Het die polisie al enige iets gedoen om hulle vas te trek?

Kan die record nie dalk die antwoord verskaf nie?

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button