Editor's choiceLocal newsNews

Parrow laat aanhangers dans, dans, dans!

Jonk en oud trek op om die zef rapper te sien.

Dit is nie gereeld dat die zef rapper (kletsrymer) Jack Parrow die Wes-Rand besoek nie, maar wanneer hy doen kan sy aanhangers verseker wees dat hulle nie teleurgesteld sal wees nie.

Die afgelope Saterdag by Key West was dit weer so. Die gehoor het uit die charismatiese Parrow se hand geëet tydens sy elektriese vertoning van treffers soos Dans, Dans, Dans, Biltong en biscuits en ‘n nuwe een, Bloubek. Die gehoor wou ook nie vir Parrow na afloop van die laaste liedjie laat gaan nie en hy is terug geroep vir ‘n encore.

Parrow het aan die Record gesê dat hy altyd die Wes-Rand gehore geniet en beloof dat hy binnekort weer ‘n draai sal kom maak. Parrow is ook besig om aan ‘n boek te werk wat hy hoop om later die jaar die lig te laat sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button