Local newsNews

Skool ontruim na bomdreigement

Skool vermoed 'n leerling het 'n poets gebak.

Die leerlinge en onderwysers by Hoërskool Die Burger moes vanoggend die geboue ontruim nadat hulle ‘n bomdreigement ontvang het.

Volgens ‘n nie-amptelike bron by die skool is ontruimingsprosedure gevolg en is die SAPS ontbied. Bekommerde ouers het buite die skool saamgedrom terwyl die polisie se plofstof honde die perseel gefynkam het.

Omstreeks 9.30vm het die polisie die groen lig gegee vir die personeel en leerlinge om die perseel weer te beset.

Die bron het aan die Record gesê dat hulle “oortuig is dit was ‘n leerling wat die skool wou ontwrig.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button