
Jaco Moorcroft, ‘n onderwyser verbonde aan Laerskool Dr Havinga, is gister tragies aan vermoedelik ‘n hartaanval oorlede.
Moorcroft was twee jaar by die skool en het seniorfase klasse aangebie en ook rugby en krieket afgerig.
‘n Persverklaring wat die skool ‘n dag na die 51-jarige Moorcroft se afsterwe uitgeryk het lui:
“Almal by Laerskool Dr. Havinga wil graag ons simpatie aan sy familie en vriende oordra.
Meneer Jaco Moorcroft sal gemis word en hy los ons net met die beste herinneringe. Met sy positiewe gesindheid het hy altyd ‘n glimlag vir al sy kollegas en leerders gehad. Almal wat die geleentheid gehad het om saam met hom te werk sal saamstem dat dit ‘n plesier en ‘n voorreg was om saam met hom te werk. Dit is werklik ‘n groot verlies vir Laerskool Dr. Havinga. Hy sal gemis word deur elkeen.”
Leerlinge het ‘n dag na die tragedie berading ontvang.



