NewsSchools

Roodebeeck-trompoppies oorheers kampioenskappe

Trompoppies word as Kampioene van Kampioene aangewys tydens SA Nasionale Kampioenskappe.

Die trompoppies van Laerskool Roodebeeck is onlangs as die kampioene van kampioene tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Trompoppiekampioenskappe aangewys.

Die groep van sowat 50 leerlinge ding sedert verlede jaar in die sport mee en het hierdie jaar nuwe hoogtes bereik, sê afrigter Sonja Nortman.

In Julie verlede jaar, met hul eerste groepdeelname is die trompoppies ‘n tweede plek as nasionale kampioene toegeken. In September vanjaar het hulle in elke afdeling van die Gauteng-kampioenskappe gewen.

“Vanjaar het hulle aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Trompoppie Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem waar hul as ‘n groep nege gouemedaljes verower het vir die Subbies, Squad, Display Elements, Team Overall, Non-prop, Flag Group, Group Stunts, All-girl Cheerleading en Co-ed Cheerleading afdelings,” sê Nortman.

Verder is hooftrompoppie Chanté Fourie as die beste trompoppieleier aangewys, waarvoor sy ‘n gouemedalje gekry het.

Die groep het ook ‘n silwermedalje gekry in die Baton-afdeling en ‘n bronsmedalje in die Group Stunts-afdeling. Na afloop van die kampioenskappe is hulle ook as die Kampioene van Kampioene (Suid-Afrikaanse kampioene) aangewys.

In November het Chanté Fourie (11) en Ntokozo Ndebele (12) hul Gauteng-kleure vir die sport gekry en hulle sal volgende jaar as deel van die Gautengspan kompeteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button