NewsSchools

Florries spoggerig in hul kaskarre

Laerskool Florida hou kaskarwedren met lekker kos, geverfde gesiggies en tema klere.

Die leerlinge van Laerskool Florida het groot pret gehad tydens hul onlangse kaskardag.

Volgens skoolwoordvoerder Janine Birkenstock kon leerlinge nie wag vir dié opwindende jaarlikse geleentheid nie.

“Daar was heerlike kos om van te kies en te keur en hoofleiers het kreatief met speletjies vorendag gekom wat die dag gespeel is,” sê Birkenstock in ‘n skrywe.

“Die eerstenetbalspan en -rugbyspan het selfs teen mekaar netbal gespeel,” sê sy.

Volgens Birkenstock het die kaskarwedren natuurlik die meeste beïndruk en het die leerlinge dit geniet om volgens hul spanne se tema aan te trek.

“Ons almal sien uit na volgende jaar se pret en plesier,” sluit sy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button