Met Smarties praat Susan moed in
Lekkergoed en lekker lag het inspirasie gebied vir vroue by 'n geleentheid by AGS Gemeente Wilropark.
Die AGS Gemeente Wilropark se vroue-aksie het inspirasie gevind in lekkergoed saam met aktrise en skrywer Susan Coetzer.
Coetzer, wat die boek Smarties vir die siel geskryf het, het haar wysheid en humorsin met die vroue kom deel tydens die kerk se damestee.
Nadat ‘n paar southappies, koek en ander lekkernye geniet is, het Coetzer almal gevra om hul boksies Smarties oop te maak. Stories van haar ervaringe as aktrise en gasspreker is deurvleg met inspirerende boodskappe wat deur die kleure van die lekkergoed, hul tekstuur en die sjokelade binne-in geïnspireer is. Coetzer het vertel hoe elke kleur haar geïnspireer het, wat sy deurgemaak het en hoe sy in haar geloof versterk het.
“Kyk na jou siel en jy sal ‘n hoër menswees beleef en nader aan God lewe,” het Coetzer gesê.
Sy het die vroue lekker laat lag maar ook haar erns oor geestelikheid beklemtoon. Smarties vir die siel sowel as ander boeke uit haar pen is by die damestee te koop aangebied en die vroue is die geleentheid gebied om dit te laat teken. Bydrae uit die gemeente het gesorg vir heerlike vrugtesap op die tafels en pryse wat gedurende die geleentheid weggegee is – en vir die Smarties.



