MunicipalNews

Oop kragkas ‘n gevaar

City Power reageer nie op klagtes nie.

Inwoners van Eeufeeslaan is hoogs bekommerd oor ‘n oop kragkas in die straat.

Behalwe dat die sydeur oopgebreek en een van die voorste deure afgebreek is, is die lewendige komponente van buite sigbaar. Amanda Nijenhuis wie se huis reg by die kas is sê dat sy die vernielde kas ontdek het toe hulle krag gedurende verlede Woensdag se reën uitgeskop het . Sy het gesien dat die kragonderbreking veroorsaak is deur reënwater wat in die kas opgedam het. Nijnhuis sê behalwe vir die ooglopende gevaar is sy veral bekommerd oor die groot aantal skoolkinders wat daagliks verby die kas loop. ‘n Ander inwoner het genoem dat mans soms teen die kas urineer, blykbaar min wetend dat dit hulle einde kan beteken.

Nijnhuis sê dat sy sedert Woensdag herhaaldelik die probleem by City Power gerapporteer het maar dat hulle telkens verskeie verskonings het soos dat hulle nie die nodige onderdele het nie of daarvoor wag. Sy noem ook dat die kas vier jaar laas gediens is en dat die komponente duidelik verouderd is.

Die record wag op kommentaar van City Power se woordvoerder Sol Masolo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button