NewsSchool sportSchoolsSport

Kolskoot vir Florries se skuts

Drie Florries gaan Gauteng verteenwoordig in nasionale kampioenskappe.

Drie Florrie skuts is gekies om Gauteng te verteenwoordig.

“Tydens die GSSU finale liga is spanne aangekondig wat tydens die SA skyfskietkampioenskappe vir Gauteng gaan verteenwoordig,” het Janine Birkenstock, skool verteenwoordiger, gesê.

Caitlin Oelofse en Ruben Jansen is gekies om vir die A-span in die kampioenskappe te skiet terwyl Nadine Nel vir die B-span sal skiet.

“Die SANSSU SA kampioenskappe vind tydens die Oktober skool vakansie plaas en sal by Hoërskool Florida aangebied word,” het Birkenstock gesê.

“Veels geluk en baie sterkte aan ons uitstekende skuts.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button