Editor's choiceNewsSchools

Roodies staan op teen boelies

Laerskool Roodekrans beloof om mekaar op te pas en boelies teen te staan.

‘n Anti-boelieprogram is die afgelope week (1 tot 5 September) by Laerskool Roodekrans aangebied.

Die program wat deur GripKids behartig is was soggens in die saal gehou, waartydens leerlinge geleer het wat dit beteken om te boelie, sê skoolverteenwoordiger Marike Cronjé.

“Hulle het geleer hoe om ‘n boelies te identifiseer en wat hulle moet doen as hul deur een geteiken word.”

Cronjé sê dat die hoof en die hele skool later die anti-boeliebelofte onderteken het.

GripKids het ook GripStarts (bekendes wat die program ondersteun) aan die kinders voorgestel. Meneer Shorne Moorcroft, ‘n oud-wêreldkampioen skopbokser, het in dié hoedanigheid die skool besoek. Ruan Wepener, Afrikaaanse sanger het ook sy steun met die leerlinge gedeel.

“Die temawoorde van die week was ‘brave’ en ‘vrede’,” vertel Cronjé.

“Roodies het die woord ‘vrede’ op die rugbyveld uitgespel as deel van hul belofte om teen boelies op te staan en na mekaar om te sien.

“Daar is ook duiwe vrygelaat wat oor die skool gevlieg het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button