NewsSchools
Pa en seun mini-krieket ‘n reuse sukses
Laerskool Helderkruin het op 30 Augustus ‘n pa-en-seun minikrieketdag aangebied. Ten spyte van die koue winderige weer was die oggend gevul met hope entoesiasme en pret. Van die onderwysers en pa’s het die seuns touwys gemaak in die fynere kunsies van die sport waarna die pa’s en seuns in spanne opgedeel is. Die seuns se …
Laerskool Helderkruin het op 30 Augustus ‘n pa-en-seun minikrieketdag aangebied.
Ten spyte van die koue winderige weer was die oggend gevul met hope entoesiasme en pret. Van die onderwysers en pa’s het die seuns touwys gemaak in die fynere kunsies van die sport waarna die pa’s en seuns in spanne opgedeel is.
Die seuns se borsies het geswel van die trots oor hulle pa’s se vaardighede en die skool se woordvoerder Isobel Mitchley sê dat dit ‘n riem onder die hart is om te sien hoe die verhouding tussen die jongspan en hulle pa’s versterk is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



