Local newsNewsUpdate

Veertig genadejare in Oktober gevier

Vier hul 40e bestaansjaar saam met die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes hierdie Oktober.

Die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes se op-en-wakker inwoners nooi die publiek om hul 40ste bestaansjaar saam met hulle te vier.

Op Saterdag 11 Oktober van 10vm af gaan daar baie te geniet wees, vertel Marie Oosthuizen, die organiseerder. ‘n Springkasteel vir die kinders, optredes deur die Sterretjie-trompoppies en ‘n balletdansgroep uit Featherbrooke is net ‘n paar van die trekpleisters. Springmielies, hamburgers, worsbroodjies, kolwyntjies en roomys gaan te koop wees terwyl lekker musiek gespeel word, sê Oosthuizen.

“Die viering is om dankie te sê vir 40 jaar van genade.”

Oosthuizen sê dat die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes geen subsidie of bystand van die staat ontvang nie en van die publiek se steun afhanklik is.

“Help ons asseblief om dit vir ons seniors hierdie Oktober feestelik te maak. Ons het asseblief borgskappe en donasies nodig.”

Om betrokke te raak kontak die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes se kantoor by 011 672 5475.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button