Laerskool Florida is baie trots op hul sprekers en sangers na afloop van die Roodepoort Afrikaanse Kunsvereeniging (Rak) se kunswedstryd.
Daar was 29 kleuterskole, ateljees, laerskole en hoërskole wat die afgelope winter aan dié kompetisie deelgeneem het. Van 23 Julie tot 14 Augustus het leerlinge aan die Wes-Rand in vier afdelings (Afrikaans, Engels, vokaal en kore, danse en revues) gekompeteer.
Ongeveer 500 deelnemers was van Laerskool Florida, waarvan sewe spreekkore, twee sangkore en individuele deelnemers wat voordragitems gelewer het, was.
“Al sewe spreekkore het diplomas verwerf en die twee sangkore het goue sertifikate ontvang.
“Geluk aan al die Florrie-wenners,” sê Janine Birkenstock, skool woordvoerder.
“Meneer Francois du Toit, hoof van Laerskool Florida en voorsitter van Rak, bedank elke deelnemer, afrigter, organiseerder, ouer en skoolhoof wat hul skole en tyd beskikbaar gestel het vir dié groot geleentheid.”



