NewsSchools

Kruiner pen judo medaljes vas

Judoka op pad SA-skolekampioenskappe toe.

Ivan Olivier, ‘n Graad-5 leerling vam Laerskool Helderkruin is ‘n judoka van formaat en boonop ‘n medaljevraat.

Dié buksie het twee silwermedaljes ingepalm by die SA Judo Kampioenskappe wat in Julie in Port Elizabeth gehou is. Ivan het met ‘n silwer in die Kime no Kato kategorie en ‘n silwer in die o.11-spankompetisie weggeloop.

Hy het ook ‘n silwermedalje tydens die Western United-proewe wat op 2 Augustus in Randfontein gehou is verower en is genooi om Laerskool Helderkruin by die SA-skolekampioenskappe te verteenwoordig. Dit beteken dat Ivan vanaf 4 tot 5 Oktober in Bloemfontein in die 38kg-kategorie gaan deelneem.

Volgens die wat hom dophou, behoort die klein bondeltjie dinamiet goed te presteer by die geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button