Sowat ‘n 160 gemeentelede en vriende het onlangs by die Nederduits Hervormde Kerk Die Kruin bymekaar gekom vir ‘n spogaand.
Met ‘n wynproegeleentheid naamlik Vinea Vitos (wyn van die wingerd) en ‘n spogete is fondse vir die Monument van Rensburg Tehuis vir Bejaardes ingesamel. Van die land se voorste wyne soos Murati, Lourensford en Neil Ellis is geproe.
Daar was ook ‘n kunsuitstalling van plaaslike kunstenaars en klassieke musiek en sang vir vermaak.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



