NewsSchool sportSchoolsSport
Florrie presteer by Judo SA’s
Nog ‘n Florrie het die afgelope skoolvakansie uitgeblink. Dié keer was dit Ruan Delport wat van 7 tot 11 Julie aan die SA Judokampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het waartydens hy die Noordwes provinsie saam met Western United verteenwoordig het. In die kata-kompetisie het hy en sy spanmaat vyfde uit sewe spanne geëindig, in sy …
Nog ‘n Florrie het die afgelope skoolvakansie uitgeblink.
Dié keer was dit Ruan Delport wat van 7 tot 11 Julie aan die SA Judokampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het waartydens hy die Noordwes provinsie saam met Western United verteenwoordig het.
In die kata-kompetisie het hy en sy spanmaat vyfde uit sewe spanne geëindig, in sy gevegsafdeling het hy goud gewen, en in die span-gevegsafdeling het hy in die onder 11-span tweede geëindig, wat vir hom ‘n silwermedalje in die sak gebring het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



