Ons druk ons artikels in trane, sweet en bloed
Troos alewig ‘n harassed victim se gemoed
Skryf oor kleinighede oordat jy so moet
Maar ook, dit doen die gemeenskap goed.
Skole, skole, skole bo!
In kiekies sal hy glo
‘n Nice angle shot, ‘n mooi portret
‘n Fireman wat iemand se huisie red
Voorbladfoto?
Ja, natuurlik
Clinton help,
Altyd vurig.
Maar tog so sag, so glimlaggend
Maak nie saak die uitdaging.
Weerspreek hom alewig, maar
sal niemand ooit beledig.
On the ball, sy sportstories oortuig
Action shots laat altyd die skare juig.
Draai sy woorde om, blameer die “Ingelsman”
Botha, ons gaan jou mis, jy bly óns span.



