School sportSport

Twee Roodie-hokkiespanne wen liga

Eerstespan sluit seisoen onoorwonne af.

Die o.16- en eerstehokkiespan van Hoërskool Roodepoort is vanjaar se kampioene in hul onderskeie ligas – ewe maklik daarby.

Die eerstespan het hulle ligaseisoen onoorwonne afgesluit nadat hulle in sewe wedstryde 58 doele aangeteken en slegs vier afgestaan het. Nie eers Wonderfontein vir wie Roodies in die eindstryd ontmoet het, kon die blou masjien stop nie en het 7-3 verloor.

Van hul indrukwekkendste seges sluit in 14-0 oor Florida Park High (Parkies) en 11-0 teen St Ursula’s.

Wat die o.16’s aanbetref spog die span met goeie oorwinnings van 11-0 teen Parkies en 15-0 teen St. Ursula’s.

Roodies se o.14’s het ook ‘n goeie seisoen beleef, maar hetongelukkig oor die laaste hekkie in die eindstryd gestruikel en is as naaswenners gekroon.

Die skool se rugbyliga is nog aan die gang.

Related Articles

Back to top button