Latest SportSport

Groot aantal lede van KJK-groepe gaan SA’s toe

“Ek weet ons sal sommer goed vaar” — Roodekrans-tak se afrigter.

‘n Groot aantal judoka van drie takke aan die Wes-Rand sal binnekort tydens die Suid-Afrikaanse Ope Judo Kampioenskappe in aksie wees.

Die meer as 45 wat gaan deelneem het voorheen die KJK Judoklub Durban Deep as ‘n eenheid verteenwoordig maar nadat die klub gedwing is om die gebou te ontruim wat jare lank as hul klubperseel gedien het, is drie takke in en om Roodepoort gevestig.

Die 16 lede van die KJK-groep by Laerskool Roodekrans onder Danie Bruwer, die ongeveer 20 lede van die KJK-groep by Ridgevale Primary asook die Krugersdorp-area onder Katja Bruwer plus die 12 lede van die KJK-groep in die Randfontein-area onder Michelle van Wezel kry die kans om te wys wat in hulle steek tydens dié kampioenskappe wat op 6 Julie afskop en tot 12 Julie duur.

“Ek weet ons sal almal sommer goed vaar. Die geskiedenis wys dat KJK nie teleurstel nie,” sê Danie Bruwer van die Roodekrans-groep.

Related Articles

Back to top button