Local newsNews

Oud magslede verdryf die koue met lekker kuier

Afgetrede polisiebeamptes hou kuier-kuier kontak.

Die Bond van Oud Polisiebeamptes het verlede Saterdag (7 Junie) hulle tweemaandelikse vergadering en geselligheid by die Tornado Park-aftreeoord gehou.

Die Bond wat bestaan uit afgetrede polisiemanne en -vroue asook die weduwees van oud magslede, kom elke twee maande bymekaar om aangeleenthede soos mediese fondse en pensioene te bespreek. Voorsitter Gideon Serfontein (voormalige kolonel) sê egter dat die groot rede vir hulle samekomste is om saam te kuier.

Die versekeringsmaatskappy Integrisure ploeg R35 per polis terug in die Bond wat help om die gesellighede bekostigbaar te maak. Lede betaal gevolglik slegs R30 elk vir ‘n heerlike driegangmaaltyd. Op die betrokke dag kon die manne en vroue weglê aan sop, kerrie en rys en nagereg. Sjerrie is ook bedien om die koue te verdryf.

Die Wes-Rand tak van die Bond is een van 41 takke landswyd en bestaan uit ongeveer 485 lede. Die bond het 6 000 lede landwyd.

Afgetrede polisielede kan Serfontein by 082 412 1326 skakel vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button