Latest SportSport

Roets se karateka spog met talle medaljes

"Hul prestasies moedig my aan om aan te hou presteer."

Karateka van die Roodepoort Karate Sentrum het hul sensei, Johan Roets trots gemaak tydens die SA JKA Kampioenskappe in Johannesburg.

Altesaam het 26 studente met 36 medaljes teruggekeer.

Karateka met wit belde het ses medaljes ingepalm terwyl die geel- tot oranjebeld-karateka met 16 medaljes spog. Wat die groen tot rooi belte aanbetref is nege medaljes ingepalm terwyl die bruin tot swart belde met twee en seniors drie medaljes ontvang het.

Meer as 3 000 karateka van 66 dojos landwyd het aan die kampioenskappe deelgeneem.

Volgens Roets het sy klub veral in kumite en kata uitgestaan.

Jacques van Niekerk, 40, het in sy eerste kampioenskap in kata ‘n goud en in kumite ‘n silwermedalje ingepalm terwyl Rudpolph van Aswegen, 38, ‘n goud in kumite losgeslaan het.

Die klub se jongste presterende karateka is Duan van Aswegen, 8, wat goud in kumite asook ‘n silwermedalje in kata ontvang het.

‘n Ander uitblinker vir die klub was Marcell Mostert, 12, wat ‘n silwermedalje in kumite ontvang het. Hy het ook gekwalifiseer om in Oktober aan die Japan Karate Association (JKA) Wêreldkampioenskappe in Tokio, Japan deel te neem.

Die JKA Wêreldkampioenskappe staan in Japan bekend as die Shoto Cup.

“Ek is trots op wat my studente vermag het. Ek is baie streng op dissipline en dit dra by tot hul sukses. Hul prestasies moedig my aan om aan te hou presteer,” sê Roets.

Sensei Johan Roets (regs) se dissipline is sy groot geheim.
Sensei Johan Roets (regs) se dissipline is sy groot geheim.

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button