Unelle Snyman het tydens die Afrika Jeugspele onlangs in Botswana haar land en skool se naam hoog gehou deur haar deelname aan judo.
Unelle, ‘n Graad 12-leerling van Hoërskool Florida het goud ontvang in die vroue-afdeling in die gewigsklas van o.78kg
nadat sy haar opponent, Ben Hmida Narjes van Tunisië ore aangesit het.
Dit was die tweede Afrika Jeugspele van sy soort en het van 22 tot 31 May in die hoofstad Gaborone plaasgevind.
Volgens die kampioenskap se amptelike webwerf het meer as 2 500 atlete uit minstens 54 lande aan 21verskillende sportsoorte deelgeneem – dit is 14 lande en 500 deelnemers meer as die vorige byeenkoms wat in 2010 in Tunisië gehou is.
Die ander sportsoorte sluit in atletiek, boks, sokker, gholf, rugby, swem, tennis en netbal.
Volgens die jongste inligting wat deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) vrygestel is, het Suid-Afrika op dag ses van die kampioenskap reeds 46 medaljes ingepalm, waarvan 22 goud, 14 silwer en 10 brons is.
Vir ‘n vollediger verslag, lees die dokument hier.



