NewsSchools

Roodie-dag wen ouers se harte

Minstens 2 000 daag op vir jaarlikse fondsinsameling.

Organiseerders van Laerskool Roodekrans het beslis ouers se harte gewen toe minstens 2 000 mense hul Roodie-dag die afgelope naweek bygewoon het.

Roodie-dag is die skool se jaarlikse fondsinsameling waar kinders en leerlinge van die skool allerhande pret kan geniet terwyl ma en pa na musiek kan luister of iets by ‘n stalletjie kan koop.

Die skool het bevestig dat meer as 2 000 mense deur die hekke was om die geleentheid by te woon.

Die dag het afgeskop toe leerlinge ‘n optog hou. Daar was vyf boeresport-speletjies naamlik gooiblikke, knyp-lekkergoed-tussen-bene, krywaloop, blinddoek en balanseer-blik-op-my-kop met die doel om lekkers in te samel.

Die graad wat die meeste lekkergoed insamel kan dan hul huis van lekkergoed bou en natuurlik as wenners wegstap. Elke graad was verantwoordelik vir hul eie kosverkope en speletjie.

Daar was ook talle ander speletjies en vermaak vir die leerlinge en ouers byvoorbeeld om ‘n teiken te skiet met ‘n verfgeweer, springkastele, ‘n spookhus, stalletjies, die musiekgroep The Morning After, ‘n motorskou asook Lazer Quest.

Xander Pretorius in die speletjie, Lazer Quest.
Xander Pretorius in die speletjie, Lazer Quest.
Regardt O'Callaghan met sy verfgeweer.
Regardt O’Callaghan met sy verfgeweer.
Roodies in aksie tydens die krywaloop.
Roodies in aksie tydens die krywaloop.
Die musiekgroep, The Morning After.
Die musiekgroep, The Morning After.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button