School sportSport
Kruiners se veelsydige sportman presteer weer
Graad 7-leerling sprei sy vlerke in aksiekrieket.
Laerskool Helderkruin voorspel ‘n blink toekoms vir hul veelsydige sportman in Graad 7, Jacques Bohlmann.
Bo en behalwe dat hy op die rugbyveld uitblink is hy ook onlangs in die Wes-Gautengse Aksiekrieketspan ingesluit.
Dié span sal binnekort teen ander provinsies in ‘n taai inter-provinsiale kriekettoernooi deelneem.
“Jacques oefen krieket by die Fourways Arena en werk hard om eendag naam te maak,” het Isobel Mitchley, woordvoerder van die skool gesê.



