School sportSport

“Tau-rugby lê die fondasie van rugby.”

Duisende ouers kyk hoe jonges aan twee sportsoorte blootgestel word.

Die vaste vasette en bal vaardighede is dalk nie soos wat dit moet wees nie maar dit was net die begin stadium vir talle jong seuntjies en dogtertjies wat vir die eerste keer aan rugby en netbal blootgestel is.

Op Woensdag 26 Maart vanaf 4nm tot 7nm is na raming meer as 3 500 ouers, oupa’s en familieliede deur Laerskool Helderkruin se hekke om of hul geliefde kind op die rugbyveld en netbalbaan te ondersteun. Die geleentheid was die afskop van Tau-rugby- en Mini-netbaltoernooie vir 2014.

Wat die rugby aanbetref het Riaan van der Watt van Kruiners en ‘n organiseerder van Tau-rugby gesê, “Dit was die eerste Tau-rugby toernooi van die jaar. Ons gaan drie toernooie hier by ons huisves, die volgende twee vind eers na die skoolvakansie op 9 en 16 April plaas.”

Riaan sê die doel van Tau-rugby, “Is om die seuns aan die sport bekend te stel en ‘n liefde onder hulle te kook vir die sport.

“Dit gaan nie oor wen of verloor nie eerder om rugby te geniet en ontwikkeling. Ons kyk nie na wie die beste span het nie, die meer belangrik dat hulle die spel moet geniet. Tau-rugby is beslis die fondasie van rugby.”

Minstens 10 verskillende skole was op die dag verteenwoordig, met 68 rugby- en meer as 30 netbalspanne in die ouderdomsgroepe van o.6, o.8 en o.9 in aksie.

Deelnemende skole vir mini-netbal was Helderkruin, Florida, Dr Havinga, Kenmare, Roodekrans, Mulderdrift en Curro en Helderkruin, Florida, Dr Havinga, Kenmare, Roodekrans, Mulderdrift, Curro, Krugersdorp Noord, Fairlands en Maragon met die rugby.

Gevra wat so mooi was om te sien het Riaan bygevoeg, “Dit was nogal verstommend om te sien dat ‘n paar spelers goeie vaardighede gewys het soos om die bal nie kontak te verloor nie, aftrap, en puik duikslae kon uitvoer.

“Op die einde van die dag is al wat ons wil hê en sien is dat elke spelertjie hier moet wegloop en die spel geniet en die vriendskappe wat gevorm is voortduur met ander buurskole.

“Ons wil graag met die volgende toernooi in April die publiek nooi om die passievolle sportmannetjies en dogtertjies te kom ondersteun. Dit word opreg waardeer en dankie.”

IMG_2013_17955293 IMG_2064_17955304 IMG_1968_17955282 IMG_1958_17955264 IMG_1863_17955253

Related Articles

Back to top button